die son gaan onder en die donderweer kom op, oom willem kom binne en gooi sy eerste dop, eers brandy en coke want sy plaas is broke, dan cane teen die pyn, rum vir sy kop en Castle vir die leeu teen die muur opgestop, stop by die TV, halfpad na die knop, by die voordeur klop ‘n vinger die electric klok, liggies soos ‘n bok in ‘n slaghuistrok, gebind, gereed en reggemaak vir die blok, die sisi het mos al lankal die hoenders op hok, wie de fok kan dit wees, Escom, of die bure, of die nag se wilde diere?
oom willem strikes back teen die forces of evil, vuisvoos en moedeloos, motherless en tandloos, los hy die print van ‘n koeël teen sy ken – one shot willem, so’t hulle hom geken. renjaer en swemmer, knopknieë en al, dis die duiwel se lewer wat so braai in die dal, dis sy gal wat so bloei onder jou voeteval. dis sy roepe wat so ratel snags in jou katel, hy spartel en hy spartel want oom willem het gestrike, hy’t hom fokkol gelike, oom willem het gestrike, hy’t hom fokkol gelike
oom willem staan nader, skadu gladder, langer , dunner soos thinner, maerder as ‘n model, ‘n rooi Edgars hanger teen die skemer, ingespanner, alleen, maar getrain, ‘n ninja met ‘n kierie kielie-kielie hy die slot, bring die glas na sy mond, geslepe en geslyp deur jare op sy eie, ‘n waghond, ‘n reier, ‘n roereier-miskruier, derdespan breier, voorslag voortrekker kampkommando-leier, laatnag vryer in die koeksister-voue van die VLV by die damestee op goedgegund, goedgunstiglik, met ‘n grinnik in sy tande
want oom willem strikes back teen die forces of evil vuisvoos en moedeloos, motherless en tandloos, los hy die print van ‘n koeël teen sy ken – one shot willem, so’t hulle hom geken. renjaer en swemmer, knopknieë en al, dis die duiwel se lewer wat so braai in die dal, dis sy gal wat so bloei onder jou voeteval. dis sy roepe wat so ratel snags in jou katel, hy spartel en hy spartel want oom willem het gestrike, hy’t hom fokkol gelike, oom willem het gestrike, hy’t hom fokkol gelike
dis net hy alleen, saam met sy hond, Neville, op die plaas met sy Vauxhall-wrakke en sy geroeste sign wat sê hier bly ‘n boer en sy roer, en sy dooie broer met sy hoenders en sy Dorper-ooie en sy wit toyota hilux bakkie en sy groen John Deere. oom willem strike dit rustig op sestig, gevestig en gesettle en gesond soos sy hond. super 12 op die tv, rol boerie op die braai en BB by sy pyp ingestop, want hy is fokkol getraak met die tutsis, of die tutus of die kaizer chief scores nie, net skommel in sy stoel op ‘n soel somernag toe die klokkie klingeling en Neville weer blaf
want oom willem strikes back teen die forces of evil vuisvoos en moedeloos, motherless en tandloos, los hy die print van ‘n koeël teen sy ken – one shot willem, so’t hulle hom geken. renjaer en swemmer, knopknieë en al, dis die duiwel se lewer wat so braai in die dal, dis sy gal wat so bloei onder jou voeteval. dis sy roepe wat so ratel snags in jou katel, hy spartel en hy spartel want oom willem het gestrike, hy’t hom fokkol gelike, oom willem het gestrike, hy’t hom fokkol gelike
credits
from Teaching Afrikaans as a Foreign Language,
released October 1, 2002
Toast Coetzer (words), Stephen Timm (drums, keys), Jon Savage (keyboard) and Gil Hockman (bass, keys)
The Buckfever Underground is a South African spoken-word band. They perform poetry in English and Afrikaans with
experimental music. Current members Toast Coetzer (vocals), Stephen Timm (drums), Michael Currin (guitar). Founder member: Gilad Hockman. Also: Jon Savage, Righard Kapp. Founded in 1998. On Instagram @thebuckfeverunderground...more
French poet Messyl offers work in the tradition of the Beat Generation over atmospheric experimental rock from Wolf City. Bandcamp New & Notable Apr 11, 2023
The first solo album from veteran drummer Jim White of Dirty Three uses moody percussion to explore a lifetime of experiences. Bandcamp New & Notable Mar 12, 2024
Backed by a rotating cast of vocalists, polymath Stephen Buono crafts experimental rock with a shadowy, post-punk bent. Bandcamp New & Notable Feb 25, 2024
St Celfer returns with tracks culled from a series of live shows, each one a showcase for his inventive experimentalism. Bandcamp New & Notable Jun 26, 2023