We’ve updated our Terms of Use to reflect our new entity name and address. You can review the changes here.
We’ve updated our Terms of Use. You can review the changes here.

My Geheim Aan Jou

from Satelliet by The Buckfever Underground

/

lyrics

My Geheim Aan Jou

laasnag se vuurvat, hout en rook
nog liggies onder die klere
skoongewas vir dié dag
paar goedjies agterop, hondjie ook, kloof af

by die hekke gestop, oop en weer toe
toe swepie geklap
half vet gegee, en gegalop, en geglimlag
blink wange, pangoud in die oë
in die vlakte verder ondertoe
vlerke gesprei soos ’n visarend
laag oor die gravel dam ingeswiep
net ’n baber, maar ag wat
vandag gaan ons dorp toe
en die wêreld is ons s’n
vandag gaan ons dorp toe
en die wêreld is ons s’n

kyk hoe spoel die blou
tussen die koppe deur soos see
en elke aalwyn omvou
my geheim aan jou

saam hier in die stof
onder die son van ons ma’s
en ons vaders en verder
die vervreemdes en vergetes
in die tyd voor onthou
waarin ek en jy ook hier was
soos nou

meerkaaie langs gate, en kraaie op patrol
die turksvye is al wat terugwaai
die gesigte in die bakkies
te stug en te nors
daar’s altyd iets vir iemand
om haastig na te jaag

maar hier tussen ons hang woorde
lank sonder om te gaan lê
ons vat en vervorm
soos die kerf van ’n kierie
uit karee gesny in die berg
voel-voel deur die heelal
vandag en vir ewig

kyk hoe spoel die blou
tussen die koppe deur soos see
en elke aalwyn omvou
my geheim aan jou

kyk hoe spoel die blou
tussen die koppe deur soos see
en elke aalwyn omvou
my geheim aan jou

saam hier in die stof
onder die son van ons ma’s
en ons vaders en verder
die vervreemdes en vergetes
in die tyd voor onthou
waarin ek en jy ook hier was
soos nou

credits

from Satelliet, track released December 9, 2020
Toast Coetzer: Vocals and lyrics
Michael Currin: Guitar
Stephen Timm: Clavinova and field recordings

license

all rights reserved

tags

about

THE BUCKFEVER UNDERGROUND Cape Town, South Africa

The Buckfever Underground is a South African spoken-word band. They perform poetry in English and Afrikaans with experimental music. Current members Toast Coetzer (vocals), Stephen Timm (drums), Michael Currin (guitar). Founder member: Gilad Hockman. Also: Jon Savage, Righard Kapp. Founded in 1998. On Instagram @thebuckfeverunderground ... more

contact / help

Contact THE BUCKFEVER UNDERGROUND

Streaming and
Download help

Redeem code

Report this track or account

THE BUCKFEVER UNDERGROUND recommends:

If you like THE BUCKFEVER UNDERGROUND, you may also like: