We’ve updated our Terms of Use to reflect our new entity name and address. You can review the changes here.
We’ve updated our Terms of Use. You can review the changes here.
/

lyrics

die ou man en die ou vrou

kyk sommer net hoe traan hierdie lug vannaand, met visnette, ghetto luv, greyhound-busse en rimpelringe om die maan, die naweek se nasmaak van gebreekte bottels en wynvlekke, vlenters plastiek betas die lug , snelweg en hawe snuif ligweg die lyne en rye, liggies en olie, fossilfuels en food parcels, die grendels wat die kontinent oopdraai, die wind wat ons worries wegwaai, die gehoes-hoes-hoes wat ons babas afmaai, die kieme wat die pangas rondswaai, die spense wat ons mense oplaai, die gehoes-hoes-hoes wat ons babas afmaai. skurwe vingers saai gladde sade die grond in, toegevou onder die kluite en kuiwe van die rookmis en torings, rante en skylines, waar kinders omrol onder sinkplaatdakke (waar die wind deur suis), draf straathonde om ‘n draai aan’t blaf (met twee slaapkamers en een kombuis), stamp koffie die lyf in, brom girlfriends onder duvets, gryp stywer aan kussingslope, gly duiwe in nou formasie, al om die hok, al om die hok. wie’s bang dat die linies gaan vou? wie vrees die derde wêreld-oorlog? wie gooi klippe teen die bullet-proof ruite van die karre daarbuite? wie gee geheime fluite, wie laai snags perlemoen in skuite? dis die marknavorser, die narkotiseerder, die geheimsinnige loseerder, die pasaangeër, die nommerpas hoëhakskoen, die pasgetroude hakkelaar, die ou man, en die ou vrou, wat stamel en sterwe, ons vir jou… dis die ou man en die ou vrou wat stamel en sterwe, ons vir jou ...

credits

from Teaching Afrikaans as a Foreign Language, released October 1, 2002
Toast Coetzer (words), Stephen Timm (drums), Jon Savage (keyboard) and Gil Hockman (bass)

license

all rights reserved

tags

about

THE BUCKFEVER UNDERGROUND Cape Town, South Africa

The Buckfever Underground is a South African spoken-word band. They perform poetry in English and Afrikaans with experimental music. Current members Toast Coetzer (vocals), Stephen Timm (drums), Michael Currin (guitar). Founder member: Gilad Hockman. Also: Jon Savage, Righard Kapp. Founded in 1998. On Instagram @thebuckfeverunderground ... more

contact / help

Contact THE BUCKFEVER UNDERGROUND

Streaming and
Download help

Redeem code

Report this track or account

THE BUCKFEVER UNDERGROUND recommends:

If you like THE BUCKFEVER UNDERGROUND, you may also like: